Vir die eerste keer ná haar man se dood neem Belinda haar dogtertjie met vakansie na Velddrif om in tannie Wollie se “chalet op Flaminkevlei” te gaan bly. Belinda het besluit om haar lewe aan haar kind te wy en mans af te sweer. Om een geliefde te verloor was pynlik genoeg. Dan kom die aantreklike Liam Naudé tot haar redding toe haar hond in die rivier in foeter. Boonop kuier hy gereeld by tannie Wollie om navorsing vir die een of ander boek te doen. En nou kan Belinda hom nie ontduik nie . . .
Ná 40 jaar se rock ’n roll in Afrikaans vertel die legendariese Anton Goosen nou sy volle verhaal, soos neergepen deur die bekroonde joernalis Hanlie Retief. Die vader van Afrikaanse rock skryf oor sy grootwordjare in die Vrystaat, sukses en roem, sy lewe op die langpad, die Musiek-en-Liriek-era, die hoogtepunte en teleurstellings langs die pad. Aangrypend, eerlik en vol humor: Dit is die lewe van Anton Goosen. ’n Lewe teen die stroom op.
Karien van Tonder is vreeslik opgewonde toe haar verloofde, Shaun Morris, haar die projekbestuurder en hoofontwerper van hulle nuwe boetiekhotel maak. Al waaroor sy nie so seker is nie, is die ligging, want hy het wraggies op Hartenbos besluit. Nou moet Karien terugkeer na dié vakansiedorp waar sy saam met haar ma in ’n tuinwoonstelletjie gebly het. En waar sy teen haar sin herinner word aan “Vlam”, die rebelse tiener wat sy eens was. Die ergste van alles is dat haar tienerliefde Malan Hugo nog op die dorp is – en hy het sowaar nóg aantrekliker geraak. Waarom reageer sy steeds so intens op Malan? Is sy dan nie seker van Shaun nie?
Oplaas weer ’n kortverhaalbundel (van sowat vyftien verhale) deur die veelsydige en bekroonde skrywer, Jeanne Goosen. Plante kan praat beskryf opnuut die gryse voorstedelikheid van Parow in verhale soos «Spokie Snygans maak sy buiging» en «Lemoenboom», maar tegelykertyd roep Goosen ook ’n ander wêreld op: waar dooie siele met mekaar kommunikeer, waar Lubbert Das tuinier word vir ’n hertogin, en plante – nes woorde en musiek – uiteindelik al balsem vir die droefheid en ontgogeling van ons bestaan is
Leopold se wêreld stort in duie wanneer sy familie hul rykdom verloor. Hy sluit by ’n togryer aan op pad na die diamantvelde om sy fortuin te soek. Sara, vermom as ’n touleier, reis saam op soek na die merk van haar voormense. Maar wanneer hulle by die geheimsinnige tolhuis in Ceres gestrand raak, kom hulle ’n donker wese in die berge tee en ontdek dat hulle nog altyd bestem is om die skrikbewind van die Verdwaalding stop te sit . . .
Beim Sex auf der Halde gezeugt, erlebt Frank Goosen eine Kindheit in der orangenen Zeit der Siebziger und eine Jugend in der bleiernen Zeit der Achtziger. Er erleidet die Nöte der Pubertät und die Qualen zahlreicher Zweierbeziehungen, bis er schließlich ohne weitere Gegenwehr geheiratet wird (um wiederum Glück und Glanz des Vaterseins zu empfinden). Keine Lebensphase des praktizierenden Komikers Frank Goosen entgeht der zugespitzten, lachtränenerzeugenden Beschreibung: Die Erinnerungen an die Schulkumpels Mücke und Pommes, peinliche Liebesnächte und betörend schlechte Lieblingsmusik. Aber auch der entsetzliche Dia-Abend mit aus dem Urlaub heimgekehrten Freunden wird gewürdigt. Goosen lässt sein Ich in immer neue Rollen schlüpften, jede so wiedererkennbar wahr, dass sie ebenso gut erfunden sein könnte.
Wat het ’n mooi Afrikanervrou in die 1950’s gedoen as die lewe begin druk? As haar man ’n verbitterde Ben Schoeman-man is wat moet aansukkel met ’n asmapompie en haar pa ’n kommunis en Katoliek agter elke bos raaksien? As die enigste afleiding die jaarlikse ATKV-konsert op Hartenbos is? Veral as haar doodgoeie bure skielik aangesê word om te trek? Deur die oë van ‘n kind vertel Jeanne Goosen hoe Doris van Greunen van dié wêreld probeer ontsnap: in die bioskoop, met haar Cavallas, met vriende soos Ant Mavis, Uncle Tank – en met Barnie, die swank. Bekroon met die M-Net Boekprys, die CNA-prys en die Rapportprys.
"Bist du der geworden, der du sein wolltest?" Frank Goosen erzählt in seinem neuen Hörbuch von den Männern unserer Gegenwart. Von solchen, die ausbrechen wollen, und von jenen, die Halt suchen. Von Musik und alter Freundschaft. Von der Erinnerung an die erste große Liebe. Von Verlassenen und Suchenden, von Ängstlichen und Mutigen. Alle wären sie gern Raketenmänner und müssen sich doch mit sich selbst begnügen.
Gabriel skrik wakker in ’n vreemde stad sonder enige herinnering van hoe hy daar gekom het. Was hy die vorige dag nog in Amsterdam? Tot sy verbasing bevind hy hom in die Kaap van Storms, die VOC se ou halfwegstasie – en in die begraafplaas is ’n graf met sy naam op. Die mooi slawemeisie, Zytia, probeer hom help om uit te vind wie hy regtig is, maar ’n Khoi-seun met ’n vreemde klip spook by hom. En Zytia se geheimsinnige meesteres soek sy bloed. . .